Materiaal vir ‘n moontlike preekreeks vir die boek JESUS-VERHALE VAN MENSWAARDIGHEID
Indien jy die Jesus-verhale boek wil gebruik vir jou kleingroepe en daarmee saam ‘n preekreeks wil volg, kan jy hier na voorbeelde van preke en kort opmerkings kyk en jou eie reeks daaruit saamstel. Dit is saamgestel uit materiaal wat op die Internet beskikbaar is met erkenning aan Textweek.com. Bybelskool.com, Leesrooster.co.za, Seisoen van Luister.co.za en Ngkerksomerstrand.co.za.
Hier is meer inligting:
RESPEK
IN KLEINGROEPE: Ons respekteer mekaar deur mekaar as mense raak te sien. Ons praat nie bo-oor of namens ander nie. Ons onderbreek mekaar nie. Ons laat mekaar toe om ons stories ongehinderd te vertel. Ons gee aan mekaar gelyke tyd vir ons stories en bydraes. Ons kompeteer nie met mekaar in die groepe nie.
1. Lukas 6:6-11 – Jesus en die man met die gebreklike hand
“Staan op en kom staan hier in die middel.”
FOKUS
Jesus sien die man se nood raak – met ‘n gebreklike hand, en onder skoot van die skrifgeleerdes en Fariseërs – en wys respek en deernis met hom deur hom sentraal te laat staan en te genees.
- Jesus en die man met die gebreklike hand – Chris van Wyk by NGK Somerstrand
- Lukas 6:1-49 – Luister en Leef – Bybelskool.com
Jy kan ook kyk by Markus 3:1-6 en Matteus 12:9-14 waar dieselfde verhaal vertel word:
- Mark 2:23 – 3:6 – Textweek
2. Markus 7:24-30 – Jesus en die Siro-Fenisiese vrou en haar dogter
“Here, die hondjies eet darem onder die tafel die kindertjies se oorskiet.”
FOKUS
Jesus demonstreer sy respek vir “heidene” deur in Siro-Fenisië tuis te gaan en genees die dogter van die Griekse vrou uit respek vir haar gelowige aanspraak op Hom.
- Powerpoint(745 KB) – Word (73 KB) – Seisoen van Luister 2009
- Markus 07_24-37.doc – Leesrooster 2009
- Powerpoint(480 KB) – Word (80 KB) – Pinkster 2010
- Powerpoint(1.5 MB) – Word (122 KB) – Seisoen van Luister 2012
- Mark 7:24-37 – Textweek
- Markus 7 menswaardigheid – Rethie van Niekerk
Jy kan ook kyk Matteus 15:21-28 waar dieselfde verhaal vertel word:
- Matthew 15:10-28 – Textweek
LUISTER
IN KLEINGROEPE: Ons luister na mekaar deur ons eie storie te vertel en toe te laat dat daar gesprek daaroor ontstaan. Só word ons vooroordele afgebreek en ontwikkel ons empatie met mekaar. Daarom eggo ons eers ander se verhaal sodat ons dit goed kan verstaan. Maar ons voer ook gesprek daaroor om die konteks daarvan uit ander perspektiewe te kan verstaan. Ons ken immers onsself ook deur die oë van die ander. Die waarde hiervan is dat ons mekaar se stories ernstig neem en probeer om eers te verstaan voordat ons ons eie bydraes lewer.
3. Markus 9:14-29 – Jesus maak ‘n doofstom seun gesond
“Hoe lank is dit al dat dit hom oorkom?”
FOKUS
Jesus sien die pa se nood raak – ‘n doofstom kind vanweë ‘n onrein gees – en luister eers na hom voor Hy sy seun gesond maak.
- Mark 9:14-29 – Textweek
- Hoe lank gebeur dit al met hom?– Somerstrand gemeente Chris van Wyk
Jy kan ook kyk Matteus 17:24-20 en Lukas 9:37-43 waar dieselfde verhaal vertel word:
- Matteus 17 – Jesus word verheerlik as teken van sy Goddelike wese – Bybelskool.com
- Luke 9:28-43 – Textweek
- Lukas 9:1-50 – God is getrou om ons alles te gee wat ons in die bediening nodig het – Bybelskool.com
4. Markus 5:21-43 – Jesus en die dogtertjie van Jaïrus
”Jesus het egter met die een oor gehoor wat daar gesê word en Hy sê toe vir die raadslid van die sinagoge: ‘Moet jou nie ontstel nie. Bly maar net glo!’”
FOKUS
Jesus luister nie net na die versoek van Jaïrus om sy dogtertjie te gaan genees nie, maar bemoedig hom om te bly glo, toe Hy hoor hoe sy geloof deur die berig van haar dood onder skoot kom.
- Markus 05_ 21-43.htm – Leesrooster 2003
- Powerpoint(875 KB) – Word (111 KB) – Seisoen van Luister 2012
- Mark 5:21-43 – Textweek
- Markus 5 menswaardigheid – Rethie van Niekerk
Jy kan ook kyk na Matteus 9:18-26 en Lukas 8:40-56 waar dieselfde verhaal vertel word:
- Matteus 09_9-26.htm – Leesrooster 1999
- Matthew 9:9-26 – Textweek
- Lukas 8:1-56 – Toegewy aan God in voor- en teëspoed – Bybelskool.com
LIEFHÊ
IN KLEINGROEPE: Ons leer om mekaar lief te hê deur kruis-groep verhoudinge te smee en vooroordele teenoor mekaar te verminder. Die beste manier om dít te doen, is om die gedrag van groepslede teenoor mekaar te verander. Ons neem dus ’n vaste besluit om ander met ons storie te vertrou. Dit versterk ons verhoudinge. Dit skep in die proses netwerke tussen ons gemeenskappe. Die waarde hiervan is dat ons daarmee die “radius van vertroue” in die samelewing groter maak, iets wat noodsaaklik is vir die genesing van die gebroke verhoudinge in ons land.
5. Lukas 7:36-50 – Die vrou wat Jesus se voete met reukolie salf
“Omdat haar sondes wat baie is, vergewe is, daarom bewys sy baie liefde.”
FOKUS
Jesus laat die vrou toe om sy voete met reukolie te salf as teken van haar liefde vir Hom omdat Hy haar sondes vergewe het. Dit is ‘n teken aan Simon, die Fariseër, om haar na te volg in liefde.
- Luke 7:36 – 8:3 – Textweek
- Lukas 7:1-50 – Jesus het gelowiges en twyfelaars lief – Bybelskool.com
6. Johannes 21:15-19 – Jesus gee Petrus opnuut sy opdrag
“Simon, seun van Johannes, het jy My baie lief, meer as hulle hier?”
FOKUS
Jesus herstel Petrus se verbintenis aan Hom en status as leier onder die dissipels deur ‘n intieme gesprek oor Petrus se liefde vir die Here Jesus. Hierna sou Petrus die Here enduit kon volg en God verheerlik in sy uiteindelike dood.
- Johannes 21_1-19.htm – Leesrooster 2004
- John 21:1-19 – Textweek
OMARM
IN KLEINGROEPE: Ons leer mekaar omarm deur tyd met mekaar te spandeer en ons stories vir mekaar te vertel. Só skep en ontwikkel ons netwerke van verhoudinge en vriendskappe. In ons konteks is sulke vriendskappe natuurlik juis moeilik weens die gedwonge skeiding van die verlede wat in alle sosiale sfere deurgevoer is. Daarom moet ons doelbewus hieraan werk. Só maak ons ‘n verskil aan ons samelewing. Deur mekaar in die groep te omarm, leer ons hoe om mekaar ook in die samelewing na buite te omarm.
7. Matteus 8:1-4 – Jesus reinig ‘n melaatse
“Ek wil. Word rein.”
FOKUS
Jesus steek sy hand uit en raak die melaatse aan om hom in te sluit in sy gemeenskap. Hy maak die melaatse rein en laat hom die vereiste offer bring, om hom weer deel van die geloofsgemeenskap te maak.
- Here, as U wil, kan U my rein maak – Somerstrand gemeente Chris van Wyk
Jy kan ook kyk na Markus 1:40-45 en Lukas 5:12-16 vir dieselfde verhaal:
- Markus 1:40-45 – “Ek wil. Word gesond.” – Bybelskool.com
- Markus 01_40-45.htm – Leesrooster 2003
- Mark 1:40-45 – Textweek
8. Matteus 9:18-26 – Jesus genees die vrou met bloedvloeiing
“As ek maar net aan sy klere kan raak, sal ek gesond word.”
FOKUS
Die vrou met bloedvloeiing kom na Jesus en raak aan die soom van sy klere. Jesus draai om, sien haar raak en maak haar gesond. Haar geloof in Hom bring vir haar redding.
- Matteus 09_9-26.htm – Leesrooster 1999
- Matthew 9:9-26 – Textweek
Jy kan ook kyk na Markus 5:21-43 en Lukas 8:40-56 vir dieselfde verhaal:
- Markus 05_ 21-43.htm – Leesrooster 2003
- Powerpoint(875 KB) – Word (111 KB) – Seisoen van Luister 2012
- Mark 5:21-43 – Textweek
- Lukas 8:1-56 – Toegewy aan God in voor- en teëspoed – Bybelskool.com
MENSWAARDIGHEID
IN KLEINGROEPE: Ons leer om mekaar menswaardig te hanteer waar ons plek maak vir mekaar en mekaar liefhet. Dít doen ons deur gasvrye ruimtes te skep waarin elke gelowige welkom is net soos hy of sy is. Dit sluit veral die persoonlike vriendskapsruimtes in, maar ook die wyer sosiale en openbare ruimtes. Ons vestig menswaardigheid deur oor grense uit te reik om egte verhoudings in liefde met en vir mekaar te vestig en te bou. Ons leer dit in saamwees. Die inhoud hiervan lê in al die “mekaar”-tekste wat in die Nuwe Testament voorkom: “aanvaar mekaar” (Rom 15:7); “vergewe mekaar” (Ef. 4:32); “praat mekaar moed in” (1 Tess 5:11), “wees lief vir mekaar” (Joh. 13:13), en “bid vir mekaar” (Jak 5:16). Dit is ons gedeelde taal.i
9. Johannes 13:1-20 – Jesus was die voete van sy dissipels
“As Ek , wat julle Here en julle Leermeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was.”
FOKUS
Jesus wys sy liefde vir sy dissipels deur hulle voete soos ‘n slaaf te was. Só stel Hy vir ons ‘n voorbeeld om ander met menswaardigheid te hanteer en bó alles lief te hê.
- Laat Jesus deur jou voete was – Somerstrand gemeente Chris van Wyk
- John 13:1-38 – Textweek
- Johannes 13:1–30 – Jesus was die voete van sy dissipels – Bybelskool.com
Trackback from your site.
Seisoen van Menswaardigheid – Season of Human Dignity » Jesus-verhale van menswaardigheid
| #
[…] Indien jy ‘n preekreeks beplan hiervoor, kan jy hier meer inligting kry. […]
Reply