16 Mar2016
Christus kom herstel ons menswaardigheid
CLF stel weer ‘n Pinksterreeks vir 2016 beskikbaar met die oorhoofste tema: Christus kom herstel ons menswaardigheid. Die onderskeie preekriglyne sal binnekort in Afrikaans en Engels beskikbaar gestel word.
- Moenie iemand op die uiterlike beoordeel nie. Jakobus 2:1-9.
- Respek, ja, maar watter sort? Lukas 7:24-30.
- Respek is ‘n belangrike aspek van redding. Lukas 7:24-30.
- Luister: Gebed as dialog met God. Markus 9:14-29.
- Luister mooi sodat mense Jesus kan vertrou. Markus 5:21-43.
- Liefhê: Die onwelkome gas. Lukas 7:36-50.
- Liefde maak heel en gee hoop… liefde plaas ons terug in die amp. Johannes 21:8-19.
- Omarmende omgee. Matteus 8:1-14.
- Omarming – ter wille van die lewe, herestel en heelmaak van mense. Matteus 9:18-26.
Pinksterfees. “Die Gees van Christus maak ons ‘n nuwe menswaardige gemeenskap.” Handelinge 2:1-11.
Trackback from your site.