15 Aug2017
Die avonture van Maria en Braam
Die avonture van Maria en Braam is ‘n storie oor al God se kinders – die blou-oog en die bruin-oog kinders. Dit is ‘n verhaal wat ons help om te verstaan dat ons almal deel is van God se storie, maak nie saak hoe ons van mekaar verskil nie. Hierdie boek leer kinders van God waar ons vandaan kom en waarheen ons op pad is. En dat ons elkeen vandag ‘n stukkie van God se storie kan vertel.
Geskryf deur Tinus van Zyl, illustrasies deur Alzette Prins.
Die publikasie word ondersteun deur die Seisoen van menswaardigheid.
Trackback from your site.