Jesus verhale vir menswaardigheid – plakkate en baniere
Die doel van die Seisoen van Menswaardigheid is die herstel van menswaardigheid in Suider-Afrika. Dit sluit alle mense in die breë gemeenskap in. Waar ons oor grense na mekaar kan uitreik, en leer om mekaar met respek en liefde te hanteer, dáár kom die herstel van menswaardigheid vir ons lande.
Ons weet dat dit iets is wat die Here alleen in ons gemeenskap met mense van verskillende tale en kulture kan laat gebeur. Die Here Jesus is vir ons daarin die beste voorbeeld. Ons fokus daarom op verhale van Jesus in interaksie met verskillende mense in die evangelies.
Ons het agt verhale van Jesus in gesprek met mans en vroue gekies wat die waardes van die Seisoen van Menswaardigheid illustreer: respekteer, luister, omarm en liefhê. Die negende verhaal is die meesterverhaal vir die Seisoen van Menswaardigheid – Jesus wat sy dissipels se voete was. Saam gee die nege verhale vir ons inspirerende voorbeelde om na te volg.
Elke verhaal uit die evangelies word vergesel van ‘n plakkaat wat die verbeelding kan stimuleer. Ons het telkens ‘n fokusteks uit die Bybelverhaal gekies om groepe te help om die essensie van die Jesus verhaal raak te sien. Ná ‘n paar kort verduidelikende opmerkings word vier generiese vrae gegee wat enige groep kan gebruik om die betekenis van die verhaal vir die groei in menswaardigheid in hulle breër gemeenskap te ontsluit. Dié vier vrae kan trouens vir enige Jesus verhaal in die evangelies gebruik word.
Hier kan jy die hulpmiddels in pdf formaat aflaai:
- Plakkate.zip (2 MB)
- Banniere-Pull-up.zip (413 KB)
- Banniere-hang.zip (504 KB)
- English banners.pdf (775 KB)
- Sotho banners.pdf (785 KB)
- Tswana banners.pdf (755 KB)
- Xhosa banners.pdf (785 KB)
Hier is ‘n Slideshow van die 9 plakkate (klik op enigeen om dit in jpeg formaat af te laai):
Trackback from your site.