21 May2016
Written by webmaster. Posted in Information, Inligting
Die Winterskool wat jaarliks deur Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch aangebied word, vind vanjaar plaas vanaf Dinsdag 31 Mei tot Donderdag 2 Junie 2016 met die tema A home for us all – the future of Christianity and our youth in Africa.
Ons is baie bewus daarvan dat daar op hierdie oomblik verskillende groepe is wat ontuis voel in Suid-Afrika of sekere dele van Suid-Afrika. Dit is nie hoe dit behoort te wees nie.
- Ons glo dat Christene in Suid-Afrika kan help om ‘n tuiste vir almal te skep.
- Ons glo dat die Bybelse waardes aan ons riglyne verskaf om ons visie te bereik.
- Ons besef dat die ouer geslag gesukkel het om hierdie visie van ‘n tuiste vir almal uit te leef, maar glo dat die jonger geslag ons daarmee kan help.
In 1976 het baie jong mense met die Soweto-opstande geveg vir ‘n beter onderwysstelsel en ‘n beter Suid-Afrika vir almal.
Veertig jaar later kan ons die volgende vrae vra:
Ø Is Suid-Afrika ‘n tuiste vir almal?
Ø Wat is die rol van die kerk om ‘n tuiste vir almal te skep?
Ø Sal die kerk ‘n tuiste vir ons kinders en kleinkinders wees?
Die hoofsprekers is
Ds Esmé Bowers, predikant van die Volle Evangelie Kerk en prinsipaal en direkteur van uitreike van “Happy Feet”,
Me Lovelyn Nwadeyi, nagraadse student in Politieke Wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch, en
Prof Brian O’Connell, voormalige rektor en visekanselier van die Universiteit van die Wes-Kaap en voormalige Hoof van die Wes-Kaap Departement van Onderwys.
Daar sal ook talle parallelle sessies wees wat by die tema aansluit.
Vanweë die ekumeniese aard van die konferensie is Engels die hooftaal van aanbieding; vrae sal egter in Afrikaans asook Xhosa beantwoord kan word..
Die Winterskool vind plaas by die Fakulteit Teologie, Dorpstraat 171, Stellenbosch.
Die koste beloop R350 vir die volle kursus. Die program en registrasievorm is aangeheg.
Die sluitingsdatum vir registrasie is Vrydag 20 Mei 2016.
LW Hierdie geleentheid is geakkrediteer vir 30 VBO-punte – 11 punte elk vir Dae 1 en 2, en 8 punte vir dag 3.
Navrae:
Wilma le Roux, Tel: 021 808 3624; e-pos: [email protected]
Helette van der Westhuizen, Tel: 021 808 9560; e-pos: [email protected]