03 Mar2015
Colloquium – die kerk en gender in ʼn Seisoen van Menswaardigheid
Tweetoring Gemeente/Torings van Hoop – 1 September 2014
As deel van die Seisoen van Menswaardigheid in die NG Kerkfamilie was daar ʼn behoefte om ʼn kerklike gesprek te inisieer oor gender-vraagstukke binne die konteks van die NG Kerkfamilie in die Vrystaat.
Die noodsaak hiervoor het geblyk uit:
- Insidente van geslagsgebaseerde geweld
- ʼn Onsensitiwiteit vir gender en inklusiwiteit tov vroue in die kerklike praktyk
- Verlies en onsekerheid oor manlike identiteite (“masculinities”)
- Onderliggende rassisme, seksisme, homofobie, paternalisme, geïnternaliseerde minder- en meerderwaardigheid, ens.
- ‘n Behoefte aan ʼn gefundeerde antropologie
Die doel van die colloquium was om die terrein te verken, kennis te neem van bestaande diskoerse, bewustheid te kweek en ʼn sinvolle en voortgaande gesprek, navorsing en nadenke te stimuleer. Die klem het geval op ʼn oop en inklusiewe gesprek binne die NG Kerkfamilie.
Hier is een van die bydraes wat daar gelewer is:
- Geslag en wetgewing – Marelize Marais (dosent verbonde aan die Regsfakulteit van die Universiteit van die Vrystaat)
- Gender menswaardigheid en die see van antropologiese diskoerse – Rian Venter (dosent aan die Teologiese Fakulteit van die Universiteit van die Vrystaat)
Trackback from your site.