Fokus op Menswaardigheid in Kruisgewys Maart 2013
Menswaardigheid vorm ’n belangrike deel van die sosiale, maatskaplike, geregtelike, ekonomiese en politieke perspektiewe op menswees wat in ’n grondwet van ’n land vervat sou kon word. Die kerk kan egter nie sy mensbeskouing klakkeloos aflees uit die sosiale akkoord van ’n spesifieke gemeenskap nie. Die kerk se perspektief op menswaardigheid word fundamenteel geskoei op ’n verantwoorde Bybels-teologiese teosentriese mensbeskouing wat die basis vorm van gesprek met enige ander vennote oor menswaardigheid.
Die Algemene Sinode van die NG Kerk het besluit om ’n Seisoen van Menswaardigheid te loods. Dit behels nie net deeglike navorsing oor menswaardigheid nie, maar ook baie praktiese projekte.
’n Taakspan wat reeds werk in dié verband gedoen het, lewer ’n aantal perspektiewe wat hierdie uitgawe van Kruisgewys as basis vir gesprekvoering publiseer. Baie van hierdie artikels vind aansluiting by die Belydenis van Belhar as gespreksgenoot, aangesien dié belydenis ’n eietydse verwoording van menswaardigheid verteenwoordig.
Lesers kan verder aan dié gesprek oor menswaardigheid deelneem by www.gemeentes.co.za. Die waardes van respek, luister, omarming en onselfsugtigheid begelei die Seisoen van Menswaardigheid en geld ook vir die gesprek tussen lesers.
- Gerrit Brand, Nelis Janse van Rensburg en Elize Morkel trek in Inleiding: Waarom menswaardigheid? die breë lyne waarbinne dié gesprek oor menswaardigheid gevoer kan word.
- Julie Claassen skets in Gender en menswaardigheid die stereotipes en kategorisering van mans en vroue wat baie keer op ’n subtiele misbruik van mag berus.
- Nico Koopman skryf in Die Heilige Gees help rassisme oorwin dat ons rassisme na behore in terme van houdings, samelewingstrukture en godsdienstige beskouings moet beskryf.
- Pieter Grove maak in Menswaardigheid en armoede ons deeglik bewus van die kompleksiteit van armoede en die verweefdheid daarvan met ander samelewingsfaktore.
- Charlene van der Walt skets in Seksualiteit en menswaardigheid die effek wat die dominante hetero-normatiewe storie van menswees op houdings teenoor homoseksuele persone het.
- Mia Lindveldt maak in Gestremdheid en menswaardigheid ’n sterk saak daarvoor uit dat menswaardigheid nie gedefinieer kan word uit “dit wat die persoon nie het nie”, maar eerder na aanleiding van wat in God se hart vir mense met gebreke in die Bybel gesien kan word.
- Llewellyn McMaster bespreek in Geweld en xenofobie die kultuur van geweld waarin horisontale sosiale verhoudings en interaksie baie keer deur gewelddadige, eerder as nie-gewelddadige metodes, beheer word.
- Anton van Niekerk vind in Siekte en menswaardigheid sy etiese vertrekpunt in die vroeë kerk se medelye, barmhartigheid en bereidheid om vir ander mense op te offer, volgens die voorbeeld van Jesus, die “Groot Geneesheer”.
- Gerrit Brand werk in Kultuurverskeidenheid en menswaardigheid met die belangrike vertrekpunt dat mense eers deur ander mense méns is. Daarom kan hulle waardigheid, dit wil sê hulle verhouding met God en die lewe waarvoor hulle bestem is, nooit los van hulle verhouding en interaksie met ander mense gesien word nie.
Laai die onderskeie artikels hier by GDN se webtuiste af:
Armoede en menswaardigheid.doc | Peter Grové |
Calvyn die Marikana-myn en De Doorns.doc | Roelf Haan |
Gender en menswaardigheid.doc | Julie Claassens |
Gestremdheid en menswaardigheid.doc | Mia Lindfelt |
Geweld en xenofobie.doc | Llewellyn M MacMaster |
Heilige Gees help rassisme oorwin.doc | Nico Koopman |
Kultuurverskeidenheid en menswaardigheid.doc | Gerrit Brand |
Menswaardigheid n sleutel-Christelike kwessie – redakteursbrief.doc | Chris van Wyk |
Seksualiteit en menswaardigheid.doc | Charlene van der Walt |
Siekte en menswaardigheid.doc | Anton van Niekerk |
Waarom menswaardigheid.doc | Gerrit Brand, Nelis Janse van Rensburg en Elize Morkel |
Met dank aan GDN en B-M.
Trackback from your site.