Maak kontak – 20 Leidrade vir kruiskulturele kontak
Die Seisoen van Menswaardigheid stel ‘n nuwe boek vry. Dit is die boek Maak kontak – 20 Leidrade vir kruiskulturele kontak. Chris van Wyk gee daarin 20 leidrade wat gemeentes en groepe kan volg om kruiskulturele kontak te bevorder en dit op ʼn verantwoorde manier aan te pak.
Die boek berus op ‘n samevatting van 70 jaar se navorsing wat oor intergroep-kontak en die vermindering van vooroordele tussen groepe gedoen is. Die navorsing bewys onomwonde dat intergroep-kontak inderdaad vooroordele kan verminder. In hierdie soort kontak steek ons nie net die grense tussen ons oor nie. Deur die nuwe vriendskapsbande wat ons met mekaar sluit, vorm ons ook ʼn nuwe gemeenskap waarin ons die waardes van respekteer, luister, liefhê en omarm kan laat gedy.
20 Leidrade vir kruiskulturele kontak
- Maak die speelveld gelyk
- Erken ervarings wat uit vorige kontak voortvloei
- Ontvang protes as ‘n geskenk tot heling
- Bevraagteken etikette en gevestigde sosiale norme wat kontak verhinder
- Definieer duidelik gemeenskaplike doelwitte
- Skuif die fokus weg van intellektuele argumente
- Gebruik ‘n verhoudingsbou-aanslag
- Doen saam, werk saam, leef saam
- Reik doelbewus uit na mense in ander kontekste
- Ontgin vriendskapspotensiaal herhaaldelik
- Skuif van mededinging na samewerking en interafhanklikheid
- Kry goedkeuring en aanvaarding van gesagsdraers
- Begelei mense van oppervlakkige kennisse na hegter en langtermynvriende
- Stel mense voor aan ander wat reeds oor grense gaan
- Gebruik waardes eerder as skuld om angs te verminder
- Nooi mense om meer van hulleself te wys en te vertel
- Skep strukture wat kontak aktief bevorder
- Besin saam oor die bou van sosiale kapitaal op plaaslike vlak
- Maak plaaslik ‘n verskil
- Aanvaar saam verantwoordelikheid vir spesifieke behoeftes
Trackback from your site.