Preek: Sondag vir persone met gestremheid – 28 Augustus 2016
Inleiding
Wanneer Christus met sy dissipels praat oor die finale oordeelsdag, moes hy hulle seker verras het dat Hy nie verwys na hulle godsdienstig lewe nie, maar na die wyse waarop hulle omgesien het na diegene wat sonder kos, sonder klere, siek, of vreemdelinge en in die gevangenis was. Wanneer die dissipels dan verbaas vra, maar wanneer was u sonder klere, of sonder kos, siek, ‘n vreemdeling of in die gevangenis, en dan antwoord Hy, ”…vir sover julle dit aan een van die geringstes gedoen het het julle dit aan My gedoen”. (Matt 25:40)
Op hierdie Sondag vir persone met gestremdheid, sou ons seker kon byvoeg, maar wanneer was u blind, of doof, of intellektueel gestremd, of…? en dan kom die antwoord, vir sover jy omgesien het na een van die persone met gestremdheid in jou samelewing, het jy dit aan my gedoen.
Ons sou die fout kon maak om te dink dat ‘n dag soos hierdie eintlik net bedoel is vir diegene met persone met gestremdhede in ons families of vriendekring. Ons teksgedeelte dink duidelik anders. Gemeentes sou ook maklik kon dink, wel ons het nie baie persone met gestremdhede in ons gemeente of gemeenskap nie, so hoekom sal so ‘n dag vir ons belangrik wees?
Laai die preek vir Gestremde Bewusmaking Sondag hier af
Trackback from your site.